‘n Wye verskeidenheid kortverhale, meesal humoristies, baie met ‘n regskinkel, party oor bergklim, ander oor die tragiek van oorlog. Met ‘n langer reisverhaal oor die Karakoram in Pakistan en die Sy-roete in Sjina. Die skrywer, ‘n bekende regter, put uit sy ervarings as regsgeleerde, wêreldreisiger, bergklimmer en avonturier. Pittig geillustreer deur Marinus Wiechers.